1 Chronicles 16:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het sekere van die Leviete aangestel om voor die ark van die HERE te dien en om op te teken en die HERE, die God van Israel, te loof en te loof.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het die volgende Leviete aangestel om die volk in aanbidding voor die ark van die Here te lei deur sy seën te vra en die Here die God van Israel te dank en te prys.
Afrikaans 1933/1953 En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die ark van die HERE, en dit om die HERE, die God van Israel, te roem en te loof en te prys:
Afrikaans 1983 Hy het ook van die Leviete aangewys om voor die ark van die Here diens te doen. Hulle moes die Here die God van Israel roem, loof en prys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het van die Leviete wat voor die ark van die Here moes diens doen, aangestel om die Here, die God van Israel, te huldig, te dank en te loof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het ook party Leviete gekies en aangestel om by die kis van die Here te werk. Hulle werk was om vir die Here, die God van Israel, te sing en dankie te sê en om Hom te prys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het die volgende Leviete aangestel om by die ark van die Here diens te doen. Hulle moes die Here, Israel se God, se roem besing, Hom dank en Hom loof. Hulle was: