1 Chronicles 16:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het daar voor die verbondsark van die HERE Asaf en sy broers gelaat om gedurigdeur voor die ark te dien, soos elke dag se werk vereis word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het gereël dat Asaf en sy mede-Leviete gereeld voor die verbondsark van die Here diens doen soos elke dag vereis word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het daar voor die verbondsark van die HERE Asaf en sy broers laat staan om gedurigdeur te dien voor die ark na die eis van elke dag; |
| Afrikaans 1983 | Dawid het vir Asaf en sy ampsgenote daar voor die verbondsark van die Here laat bly om voltyds voor die ark diens te doen soos dit van dag tot dag nodig sou wees; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het Asaf en sy stamgenote daar voor die verbondsark van die Here laat bly om deurentyd voor die ark diens te doen volgens die vereistes van elke dag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir Asaf en die ander Leviete daar voor die verbondskis van die Here laat bly. Hulle moes aanhou om die werk by die kis te doen, die werk wat elke dag nodig was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het die diens wat gereeld elke dag by die verbondsark van die Here gedoen moes word, aan Asaf en sy mede-Leviete oorgelaat. |