1 Chronicles 16:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sê: Red ons, o God van ons heil, en versamel ons en verlos ons van die nasies, sodat ons u heilige Naam kan loof en roem in u lof.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet uitroep: “Red ons, God van ons heil! Versamel en red ons van die nasies, sodat ons u heilige Naam kan dank, sodat ons kan bly wees, en U kan prys!”
Afrikaans 1933/1953 en sê: Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
Afrikaans 1983 Julle moet sê: “Red ons, o God, ons Verlosser, maak ons bymekaar, red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons in u lof kan verheug.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moet sê: “Red ons, o God wat ons verlos, en bring ons bymekaar! Ja, red ons van die nasies, sodat ons u •heilige Naam kan prys, sodat ons kan roem op die lof wat U toekom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet sê: ‘O God wat ons altyd red, U moet ons red en ons bymekaarmaak en ons vrymaak van die volke, sodat ons u heilige Naam kan sê en vir U dankie kan sê, sodat ons dit sal geniet om U te prys.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê: Ag, Here ons God, kom help ons tog! Kom haal ons hier tussen die nasies uit, sodat ons u heilige Naam kan loof en bly kan wees oor al u goedheid!