1 Chronicles 16:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gee aan die HERE die eer van sy Naam; bring 'n offer en kom voor Hom; aanbid die HERE in die skoonheid van heiligheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee aan die Here die eer wat Hom toekom! Bring jou offers en aanbid Hom. Aanbid die Here in sy heilige heerlikheid.
Afrikaans 1933/1953 Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad.
Afrikaans 1983 Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na Hom toe, bring vir Hom offers! Buig voor die Here by sy heilige verskyning;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gee erkenning aan die Here vir die heerlikheid van sy Naam! Bring offers en kom in sy teenwoordigheid! Buig in aanbidding voor die Here in sy glansryke heiligheid!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die Naam van die Here prys, julle moet presente bring en na Hom toe kom, julle moet buig voor die Here, die heilige Koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gee daarom aan die Here die dank en eer wat net Hy verdien. Kom na Hom toe en bring vir Hom ’n offer wat Hom gelukkig sal maak, kniel voor Hom en erken Hom vir wie Hy regtig is.