1 Chronicles 16:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het toe die ark van God gebring en dit in die middel van die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, neergesit en brandoffers en dankoffers voor God gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het hulle die ark na die spesiale tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, gevat. Hulle het brandoffers en dankoffers vir God gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nadat hulle die ark ingebring en dit neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het hulle brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van God. |
| Afrikaans 1983 | Die Leviete het die ark van God ingebring en dit neergesit binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het. Daarna het hulle vir God brandoffers en maaltydoffers gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die ark van God ingeneem en dit neergesit binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het. Daarna het hulle •brandoffers en •maaltydoffers voor God gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die kis van God gebring en hulle het dit neergesit in die tent wat Dawid laat opslaan het om die kis in te sit. Daarna het hulle brand-offers en ete-offers vir God gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die verbondsark neergesit in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het. Daarna het hulle brandoffers en maaltydoffers vir God gebring. |