1 Chronicles 15:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl die verbondsark van die HERE in die stad van Dawid kom, sien Migal, die dogter van Saul, wat deur die venster uitkyk, koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl die verbondsark van die Here die Stad van Dawid inkom, het Mikal, Saul se dogter, deur haar venster gekyk. Toe sy sien hoe koning Dawid dans en van vreugde spring, het sy hom in stilte verag.
Afrikaans 1933/1953 Toe die verbondsark van die HERE by die stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.
Afrikaans 1983 Terwyl die verbondsark van die Here die Dawidstad ingekom het, het Saul se dogter Mikal deur die venster afgekyk. Sy het koning Dawid gesien terwyl hy spring en dans, en sy het hom in stilte verag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar toe die verbondsark van die Here by die Stad van Dawid aankom, het Migal, die dogter van Saul, deur die venster afgekyk en koning Dawid sien huppel en dans. Sy het hom in haar hart verag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die verbondskis by die Dawidstad kom, het Mikal dogter van Saul by die venster uitgekyk en sy het gesien hoe koning Dawid spring en dans. Toe sy dit sien, wou sy hom nie meer respekteer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die ark van die Here se verbond in die Stad van Dawid aankom, het Saul se dogter Mikal by die venster uitgekyk. Sy het koning Dawid sien ronddans en spring en het hom in haar hart verag.