1 Chronicles 15:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het die hele Israel dan die verbondsark van die HERE opgebring met gejuig en met klank van die kornet en met trompette en met simbale, terwyl hulle met harpe en siters geruis het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele Israel het die verbondsark van die Here opgeneem na Jerusalem toe met uitroepe van blydskap, die geblaas van horings en trompette, die slag van simbale en harde klank van harpe en siters.
Afrikaans 1933/1953 En die hele Israel het die verbondsark van die HERE gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.
Afrikaans 1983 So het die hele Israel die verbondsark van die Here ingebring met feeskrete, ramshoring- en trompetgeskal, simbaalslae en die musiek van harpe en liere.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele Israel was besig om die verbondsark van die Here met uitroepe en die geluid van 'n •ramshoring, trompette en simbale boontoe te neem, terwyl hulle op harpe en liere speel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Israeliete het die verbondskis gebring. Hulle het geskree en hulle het ramshorings en trompette geblaas, hulle het simbale geslaan, en harpe en liere gespeel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete was almal bly dat die verbondsark van die Here Jerusalem toe gekom het. Hulle was uitbundig en het dit met vreugdekrete, ramshorings en trompette, simbale, liere en harpe gevier.