1 Chronicles 15:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid was bekleed met 'n mantel van fyn linne en al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Kenánja, die meester van die lied saam met die sangers; Dawid het ook 'n linneskouerkleed op hom gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het ’n mantel van fyn linne aangehad, nes die Leviete wat die ark gedra het, die sangers en Kenanja, die sangleier. Dawid het ook ’n linneskouerkleed aangehad. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het 'n mantel van fyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Kenánja, die owerste oor die voordrag van die sangers; en Dawid het 'n linneskouerkleed aangehad. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het 'n mantel van fyn linne aangehad, so ook al die Leviete wat die ark gedra het, die sangers, en Kenanja, wat in bevel was van die sangers. Dawid het ook nog 'n linneskouerkleed gedra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid was geklee in 'n mantel van fyn linne, so ook al die Leviete wat die ark gedra het, die sangers, en Kenanja, die hoofopsigter by die drawerk, en die sangers. Dawid het ook 'n efod van linne gedra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het 'n bo-kleed van fyn linne aangehad. Die Leviete wat die kis gedra het en die mense wat moes sing, en Kenanja, hulle leier, het ook elkeen 'n bo-kleed van fyn linne gedra. Dawid het ook nog 'n linne- skouer-kleed gedra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid, al die Leviete wat die verbondsark gedra het, die sangers en Kenanja, wat die draery gereël het, het almal klere van fyn linne aangehad. Dawid het ook nog ’n skouerkleed van linne omgehad. |