1 Chronicles 15:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend gegaan om die verbondsark van die HERE met blydskap uit die huis van Obed-Edom te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid en die leiers van Israel en die hoofde van die weermag het na Obed-Edom se huis gegaan om die ark van die Here se verbond in feestelike stemming te gaan haal.
Afrikaans 1933/1953 Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van die HERE met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.
Afrikaans 1983 Dawid, die leiers van Israel en die aanvoerders van duisend het die verbondsark van die Here in feestelike stemming uit die huis van Obed-Edom gaan inbring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was Dawid, die oudstes van Israel, en die •aanvoerders van duisend wat gegaan het om die verbondsark van die Here met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid en die leiers van Israel en die belangrike offisiere wat saamgegaan het om die verbondskis van die Here uit die huis van Obed-Edom te bring, was baie bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid, die leiers van die Israeliete en die hoogste offisiere was baie bly toe hulle na Obed-Edom se huis toe vertrek het om die ark van die verbond van die Here te gaan haal.