1 Chronicles 15:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Sebanja en Jósafat en Netáneël en Amasai en Sagaria en Benaja en Eliëser, die priesters, het op die trompette voor die ark van God geblaas, en Obed-Edom en Jehía was poortwagters vir die ark. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sebanja, Josafat, Netanel, Amasai, Sagaria, Benaja en Eliëser, almal priesters, is gekies om die trompette te blaas terwyl hulle voor die ark van God uitloop. Obed-Edom en Jegija is gekies om die ark te beskerm. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark. |
| Afrikaans 1983 | Die priesters Sebanja, Josafat, Netanel, Amasai, Sagaria, Benaja en Eliëser het die trompette geblaas voor die ark van God uit. Obed-Edom en Jegija was ook poortwagte by die ark. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priesters Sebanja, Josafat, Netanel, Amasai, Sagaria, Benaja en Eliëser het voor die ark van God op trompette geblaas. Obed-Edom en Jegija was ook deurwagte voor die ark. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters Sebanja, Josafat, Netanel, Amasai, Sagaria, Benaja en Eliëser het die trompette geblaas voor die kis van God. Obed-Edom en Jegija was ook poortwagte by die kis. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priesters Sebanja, Josafat, Netanel, Amasai, Sagaria, Benaja en Eliëser sou op die trompette blaas voor die ark van God uit. Obed-Edom en Jegija was ook wagte by die ark. |