1 Chronicles 15:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Kenánja, die owerste van die Leviete, was vir die sang;
Afrikaans (NLV) 2011 Kenanja, die leier van die Leviete, is as koorleier gekies omdat hy bekwaam was.
Afrikaans 1933/1953 En Kenánja, die owerste van die Leviete, was aangestel oor die vervoer; hy het die vervoer gereël want hy het dit verstaan.
Afrikaans 1983 Kenanja was leier van die Leviete wat die drawerk gedoen het. Hy het die werk gereël, want hy het geweet hoe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kenanja was die leier van die Leviete by die drawerk. Hy was die toesighouer by die drawerk, want hy het dit verstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kenanja was die hoof van die Leviete wat die goed moes dra. Kenanja het geweet hoe om dit te doen, en hy het vir die ander Leviete geleer hoe om dit te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kenanja was in beheer van die Leviete wat die verbondsark moes dra. Hy het dit gereël, omdat hy geweet het hoe om dit te doen.