1 Chronicles 15:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete, want hulle het die HERE verkies om die ark van God te dra en Hom vir ewig te dien.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Dawid die volgende instruksies gegee: “Wanneer ons die ark van God dié keer vervoer, mag niemand behalwe die Leviete dit dra nie. Die Here het hulle gekies om die ark van die Here te dra en Hom vir altyd te bedien.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die HERE het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.
Afrikaans 1983 Dit was toe dat Dawid bepaal het dat niemand behalwe die Leviete die ark van God mag dra nie, omdat die Here hulle uitgekies het om sy ark te dra en vir altyd daarby diens te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Dawid: “Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete. Want dit is hulle wat deur die Here uitgekies is om die ark van die Here te dra en Hom vir altyd te dien.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het daardie tyd gesê net die Leviete mag die kis van God dra, niemand anders mag dit dra nie. Die Here het hulle gekies om die kis te dra en om altyd daarmee te werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het hy gesê: “Niemand behalwe die Leviete mag die ark van God dra nie. Die Here het hulle gekies om die ark te dra en vir altyd daarvoor te sorg.”