1 Chronicles 15:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Leviete het toe vir Heman, die seun van Joël, aangestel; en van sy broers: Asaf, die seun van Berégja; en van die seuns van Merári, hulle broers: Etan, die seun van Kusája;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Leviete het Heman, seun van Joël, Asaf, seun van Berekja, en Etan, seun van Kusaja uit die Merarigroep aangestel om die musikante te lei.
Afrikaans 1933/1953 Die Leviete het toe Heman, die seun van Joël, opgestel, en uit sy broers Asaf, die seun van Berégja; en uit die seuns van Merári, hulle broers, Etan, die seun van Kusája;
Afrikaans 1983 Die Leviete het toe die volgende manne laat aantree: Heman seun van Joël; uit sy ampsgenote Asaf seun van Berekja; uit die Merarigroep hulle ampsgenoot Etan seun van Kusaja.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Leviete het toe Heman, seun van Joël, laat aantree, en uit sy stamgenote Asaf, seun van Beregja, asook Etan, seun van Kusaja, uit die nageslag van Merari, hulle stamgenote;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviete het toe hierdie manne laat gereedstaan, hulle was almal Leviete: Heman seun van Joël, Asaf seun van Berekja, en Etan seun van Kusaja van die Merari-familie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Leviete het toe vir Heman, Joël se seun, Asaf, Berekja se seun, en Etan, Kusaja se seun, uit die Merarigroep aangewys.