1 Chronicles 15:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het met die owerstes van die Leviete gespreek om hulle broers aan te stel om die sangers te wees met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, deur die stem met blydskap te verhef.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het die leiers van die Leviete beveel om ’n Levietekoor van sangers en musikante met harpe, siters en simbale aan te stel sodat hulle saam lofliedere kon sing.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.
Afrikaans 1983 Verder het Dawid die hoofde van die Leviete beveel om hulle ampsgenote, die sangers, te laat aantree met musiekinstrumente, harpe, liere en simbale, om die feesvreugde hard te laat weergalm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het die leiers van die Leviete aangesê om hulle stamgenote, die sangers, te laat aantree met musiekinstrumente, harpe, liere en simbale, en om, terwyl hulle speel, hulle stemme in vreugde te laat opklink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir die leiers van die Leviete gesê hulle moet Leviete kies en aanstel om te sing en om musiek-instrumente te speel: harpe en liere en simbale. Hulle moes wys dat hulle bly is en hulle moes hard skree.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het ook die Levitiese leiers opdrag gegee om hulle ampsgenote, die sangers, as ’n koor te organiseer. Hulle moes vreugdeliedere met die begeleiding van liere, harpe en simbale sing.