1 Chronicles 15:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want omdat julle dit eers nie gedoen het nie, het die HERE onse God 'n breuk oor ons gemaak, omdat ons Hom nie volgens die regte bevel gesoek het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat julle Leviete nie die eerste keer die ark gedra het nie, het die woede van die Here ons God teen ons ontbrand. Ons het God nie gevra hoe om dit op die regte manier te verskuif nie.”
Afrikaans 1933/1953 Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die HERE onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.
Afrikaans 1983 Omdat julle dit nie die eerste keer al gedoen het nie, het die Here ons God iemand van ons weggeskeur, want ons het nie op die regte manier na die wil van God gevra nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want die eerste keer was dit nie julle wat dit gedoen het nie. Die Here ons God het ons uitmekaar geslaan, omdat ons Hom nie geraadpleeg het soos dit hoort nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het nie die vorige maal die kis gedra nie, en daarom het ons God die Here ons gestraf, want ons moes vir Hom gevra het hoe ons dit moet doen, maar ons het dit nie gevra nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verlede keer, toe julle Leviete nie daar was om die ark te dra nie, het die Here ons God op ons toegeslaan. Ons het nagelaat om die Here te vra hoe ons die ark behoort te vervoer.”