1 Chronicles 15:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het vir hulle gesê: Julle is die familiehoofde van die Leviete; heilig julle, julle sowel as julle broers, dat julle die ark van die HERE, die God van Israel, kan bring na die plek wat Ek daarvoor gereed gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir hulle gesê: “Julle is die leiers van die Levietefamilies. Julle moet julleself en julle mede-Leviete afsonder sodat julle die ark van die Here, die God van Israel, na die plek kan bring wat ek daarvoor gereedgemaak het.
Afrikaans 1933/1953 en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die HERE, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.
Afrikaans 1983 en vir hulle gesê: “Julle is die familiehoofde van die Leviete. Reinig julle en julle ampsgenote en bring die ark van die Here die God van Israel na die plek toe wat ek daarvoor reggemaak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en vir hulle gesê: “Julle is die familiehoofde van die Leviete. Heilig julleself, julle en julle stamgenote, en neem die ark van die Here, die God van Israel, boontoe, na die plek wat ek daarvoor gereedgemaak het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir hulle gesê: “Julle is die hoofde van die Leviete-families. Julle moet julleself en julle families wy en julle moet die kis van die Here, die God van Israel, na die plek bring wat ek daarvoor gereedgemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir laasgenoemde groep het hy gesê: “Elkeen van julle is die hoof van die Levitiese families. Sorg dat julle en julle mede-Leviete rein is, sodat julle die verbondsark van die Here, Israel se God, na die plek kan bring wat ek daarvoor reggemaak het.