1 Chronicles 15:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het vir hom huise gemaak in die stad van Dawid en 'n plek vir die ark van God berei en daarvoor 'n tent opgeslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het verskillende geboue vir homself in die Stad van Dawid gebou. Hy het ook ’n plek gereed gekry vir die ark van God. Hy het ’n spesiale tent daarvoor opgeslaan.
Afrikaans 1933/1953 En hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en 'n plek reggemaak vir die ark van God en daarvoor 'n tent opgeslaan.
Afrikaans 1983 Dawid het vir hom huise opgerig in die Dawidstad. Hy het ook 'n plek vir die ark van God gereed gemaak en 'n tent daarvoor opgeslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het vir hom huise opgerig in die Stad van Dawid. Hy het vir die ark van God 'n plek gereedgemaak en 'n tent daarvoor opgeslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir hom paleise gebou in die Dawidstad. Hy het ook 'n plek gereedgemaak vir die kis van God en hy het 'n tent opgeslaan vir die kis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het vir homself geboue in die Stad van Dawid opgerig. Hy het ook ’n plek vir die verbondsark van God ingerig en ’n tent daarvoor opgeslaan.