1 Chronicles 14:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf is, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek. En Dawid het dit gehoor en uitgetrek teen hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf is, het hulle al hulle magte gemobiliseer om Dawid te vang. Dawid het daarvan gehoor. Hy en sy manne het teen hulle uitgetrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek. Toe Dawid dit hoor, het hy teen hulle uitgetrek. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Filistyne verneem dat Dawid tot koning oor die hele Israel gesalf is, het hulle almal teen hom opgetrek. Dawid het dit gehoor en hulle tegemoet getrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning gesalf is oor die hele Israel, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek; maar Dawid het daarvan te hore gekom en teen hulle uitgetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het gehoor dat Dawid koning geword het oor al die Israeliete, en al die Filistyne het vir Dawid kom soek om hom te vang. Dawid het dit gehoor en hy het na hulle toe gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Filistyne hoor dat Dawid koning geword het oor die hele Israel, het hulle almal reggemaak vir oorlog en vertrek om hom te gaan vang. Dawid het verneem dat hulle op pad was en hy en sy soldate het hulle tegemoetgegaan. |