1 Chronicles 14:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jy 'n geluid hoor van optog in die toppe van die moerbeibome, dan moet jy uittrek om te veg, want God het voor jou uit uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy die geluid hoor soos van voete wat marsjeer in die toppe van die balsembosse, val aan! Dit is vir jou die teken dat God voor jou uit gaan om die Filistyne plat te loop.”
Afrikaans 1933/1953 En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, trek dan uit vir die geveg, want God het voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.
Afrikaans 1983 Wanneer jy 'n geritsel in die toppe van die melkbosse hoor, moet jy aanval, want dan trek God voor jou uit om die leër van die Filistyne te verslaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sodra jy die geluid van 'n opmars in die toppe van die balsempopuliere hoor, ruk op vir die geveg; want dan het God voor jou uit getrek om die leër van die Filistyne te verslaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal in die boonste punte van die melkbosse iets hoor, jy sal dink jy hoor dat mense daar loop. Wanneer jy dit hoor, dan moet jy die oorlog begin, want dit is Ek wat voor jou gaan om die Filistyne te oorwin.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy ’n geluid soos voetstappe bo in die takke hoor, kan jy maar aanval. Dit sal die teken wees dat God voor jou uitgaan om die Filistyne te verslaan.”