1 Chronicles 14:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het God geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? en sal U hulle in my hand gee? Toe sê die HERE vir hom: Trek op; want Ek sal hulle in jou hand gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het God gevra: “Moet ek uitgaan en teen die Filistyne gaan veg? Sal U hulle aan my oorgee?” Die Here het geantwoord: “Ja, gaan voort! Ek gee hulle aan jou oor.”
Afrikaans 1933/1953 Toe het Dawid God geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne, en sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan hom gesê: Trek op, en Ek sal hulle in jou hand gee.
Afrikaans 1983 Dawid het God geraadpleeg en gevra: “Moet ek teen die Filistyne opruk? Sal U hulle in my mag oorgee?” Die Here het hom geantwoord: “Trek op, Ek gee hulle aan jou oor.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het by God raad gesoek: “Moet ek teen die Filistyne optrek? Sal U hulle in my hand gee?” Die Here het vir hom gesê: “Trek op! Ek gee hulle in jou hand.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir God die Here gevra: “Moet ek die Filistyne gaan aanval? Sal U my laat wen teen hulle?” Die Here het vir Dawid gesê: “Ja, jy moet hulle gaan aanval, Ek sal jou laat wen teen hulle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het vir God gevra: “Moet ek teen die Filistyne gaan veg? Sal U my laat wen?” Die Here het geantwoord: “Val maar aan! Ek sal jou laat wen.”