1 Chronicles 13:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid en die hele Israel het voor God gespeel met al hulle krag en met sang en met siters en met harpe en met tamboere en met simbale en met trompette.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid en almal van Israel het voor God feesgevier met al hulle mag. Hulle het gesing en op allerlei musiekinstrumente gespeel, op siters, harpe, tamboeryne, simbale en trompette.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid en die hele Israel het voor die aangesig van God met alle mag gespeel, sowel met liedere as met siters en harpe en tamboeryne en simbale en trompette.
Afrikaans 1983 Dawid en die hele Israel het uitbundig voor die ark van God uit gedans, begelei deur liedere, liere, harpe, tamboeryne, simbale en trompette.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid en die hele Israel was in algehele oorgawe uitbundig voor God, met liedere, harpe, liere, tamboeryne, simbale en trompette.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid en al die Israeliete het voor God gedans en hulle het baie hard gesing. Hulle het liere en harpe gespeel en tamboeryne en simbale geslaan en trompette geblaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid en al die Israeliete was uitbundig van vreugde. Hulle het onder begeleiding van liere, harpe, tamboeryne, simbale en trompette gesing en gedans.