1 Chronicles 13:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het met die hele Israel opgetrek na Baäla, dit is Kirjat-Jeárim, wat aan Juda behoort, om daarvandaan die ark van God die HERE op te bring wat tussen die gérubs woon, wie se naam daarop uitgeroep is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Dawid en die hele Israel na Baäla gegaan wat in Juda is, wat ook Kirjat-Jearim genoem word. Hulle het die ark van God daarvandaan gaan haal. Dit is die ark wat die naam dra van die Here wat tussen die gerubs woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het Dawid met die hele Israel opgetrek na Báäla, na Kirjat-Jeárim wat aan Juda behoort, om daarvandaan op te bring die ark van God die HERE wat op die gérubs troon, waaroor die Naam uitgeroep is. |
| Afrikaans 1983 | Dawid en die hele Israel het opgetrek na Baäla toe, na Kirjat-Jearim toe wat in Juda lê, om die ark te gaan haal. Dit is die ark van die Here God wat oor die gerubs troon; sy Naam is oor die ark uitgeroep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid en die hele Israel het hierna opgetrek na Baäla, na Kirjat-Jearim wat in Juda geleë is, om van daar af die ark van God, die Here wat troon op die gerubs waaroor die Naam uitgeroep is, te bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid en al die Israeliete het na die stad Baäla gegaan. Baäla se ander naam was Kirjat-Jearim en dit het behoort aan die Juda-stam. Hulle het die kis van God gaan haal, die kis van die Here. Die Here se troon is bokant die gerubs en die kis behoort aan Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is toe almal saam na Baäla in Juda toe, dit is Kirjat-Jearim, om die ark van God terug te bring. Die ark dra die titel: “Die Here wat bo die hemelwesens troon.” |