1 Chronicles 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het aan die hele vergadering van Israel gesê: As dit in julle oë goed lyk en dat dit van die HERE onse God is, laat ons na ons broers stuur oral wat oor is in die hele land van Israel, en saam met hulle ook aan die priesters en Leviete wat in hulle stede en weiveld is, dat hulle hulle by ons kan versamel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook die hele vergadering van Israel toegespreek: “As julle dit goedkeur en dit die wil van die Here ons God is, laat ons boodskappers na al die Israeliete deur die hele land stuur, ook na die priesters en die Leviete in die stede met hulle weiveld. Laat ons hulle nooi om by ons aan te sluit.
Afrikaans 1933/1953 en Dawid het aan die hele vergadering van Israel gesê: As julle dit goedvind en dit van die HERE onse God is, laat ons ons versprei en na ons broers stuur wat nog oor is in al die landstreke van Israel, en saam met hulle na die priesters en die Leviete in die stede waar hulle weiveld het, dat hulle by ons bymekaar moet kom.
Afrikaans 1983 Hy het vir die volle volksvergadering van Israel gesê: “As julle dink dit is goed, en as die Here ons God sy goedkeuring gee, laat ons die saak nou aanpak en boodskappers stuur na ons ander volksgenote toe in al die gebiede van Israel, dat hulle, en saam met hulle die priesters en die Leviete wat in hulle dorpe met weivelde woon, hier by ons moet bymekaarkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sê hy vir die hele geloofsgemeenskap van Israel: “As julle dit goedvind, en as dit van die Here ons God af kom, kom ons versprei die nuus en stuur die berig deur na ons volksgenote wat nog oor is in al die gebiede van Israel, en saam met hulle ook na die priesters en Leviete in die dorpe waar hulle weiregte het, sodat hulle hier by ons kan byeenkom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het toe vir die volksvergadering van Israel gesê: “As julle dink dit is goed en as julle dink ons God die Here wil dit hê, dan moet ons boodskappe stuur na al die Israeliete wat nie hier is nie, ons moet dit stuur na al die kante toe, oral in die land Israel. Hulle moet hier by ons bymekaarkom, en saam met hulle moet ook die priesters kom en die Leviete wat in hulle eie stede woon waar daar weiveld is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het hy die hele vergadering Israeliete toegespreek. Hy het gesê: “As julle dit goedkeur en as die Here ons God dit so wil hê, gaan ons ’n boodskap na al die Israeliete en na die priesters en Leviete toe stuur, waar hulle ook al is, om hulle te nooi om by ons aan te sluit.