1 Chronicles 13:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die ark van God het drie maande by die familie van Obed-Edom in sy huis gebly. En die HERE het die huis van Obed-Edom geseën en alles wat hy gehad het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die ark van God het vir drie maande by Obed-Edom se familie in sy huis gebly. Die Here het hom en sy hele huishouding geseën.
Afrikaans 1933/1953 En die ark van God het by die huis van Obed-Edom in sy huis gebly drie maande lank, en die HERE het die huis van Obed-Edom geseën met alles wat hy gehad het.
Afrikaans 1983 Die ark van God het drie maande in Obed-Edom se huis gestaan, en God het hom en alles wat hy gehad het, voorspoedig gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die ark van God het drie maande lank by die huis van Obed-Edom, in sy huis, gebly, en die Here het die huishouding van Obed-Edom en alles wat hy besit, geseën.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die kis van God het drie maande lank in die huis van Obed-Edom gebly. Die Here het die huisgesin van Obed-Edom geseën en ook alles wat aan hom behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ark van God is toe vir drie maande lank in Obed-Edom se huis gestoor. In dié tyd het die Here vir Obed-Edom en alles wat syne was, geseën.