1 Chronicles 13:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid was ontevrede, omdat die HERE 'n breuk in Ussa gemaak het; daarom word daardie plek tot vandag toe Perezuzza genoem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid was ontevrede omdat die Here se woede teen Ussa ontbrand het. Hy het daardie plek Peres-Ussa genoem, wat “uitbraak teen Ussa” beteken. Dit word tot vandag toe so genoem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het ontroerd geword, omdat die HERE 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Dawid was diep ontsteld omdat die Here vir Ussa so weggeskeur het en hy het daardie plek genoem Ussa-se-Skeur. Dit is nou nog die naam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid was ontsteld dat die Here Ussa uitmekaar geslaan het, en hy het daardie plek Peres-Ussa genoem. Dit is die naam tot vandag toe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid was baie geskok en ontsteld omdat die Here vir Ussa laat sterf het. Dawid het daardie plek genoem “ Peres-Ussa,” en dit is vandag nog die plek se naam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid was baie ontsteld dat die Here dit met Ussa gedoen het. Hy het die plek toe Peres-Ussa genoem. Dit beteken “’n bres teen Ussa” en dit is vandag nog die plek se naam. |