1 Chronicles 13:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die toorn van die HERE het teen Ussa ontvlam, en hy het hom verslaan, omdat hy sy hand aan die ark gesit het; en hy het daar gesterf voor God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die woede van die Here het teen Ussa ontbrand, en Hy het hom doodgeslaan omdat hy sy hand op die ark gesit het. Ussa het daar in die teenwoordigheid van God gesterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die toorn van die HERE ontvlam teen Ussa, en Hy het hom getref, omdat hy sy hand na die ark uitgesteek het, sodat hy daar voor die aangesig van God gesterf het. |
| Afrikaans 1983 | Die toorn van die Here het teen Ussa ontvlam; die Here het hom getref omdat hy met sy hand aan die ark geraak het, en hy het daar langs die ark gesterf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die toorn van die Here het teen Ussa ontbrand en Hy het hom getref, omdat hy sy hand na die ark uitgesteek het. Hy het net daar voor God gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het kwaad geword vir Ussa en Hy het vir Ussa doodgemaak omdat hy met sy hand aan die kis geraak het. Ussa het daar voor God gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit het die Here woedend gemaak en Hy het Ussa net daar laat dood neerslaan, omdat hy aan die ark gevat het. So is hy daar, in God se teenwoordigheid, dood. |