1 Chronicles 12:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het die wat naby hulle was, tot by Issaskar en Sébulon en Naftali, brood gebring op esels en op kamele en op muile en beeste en vleis, meel, vyekoeke en trosse rosyne en wyn en olie en beeste en kleinvee in oorvloed, want daar was vreugde in Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 En selfs mense so ver weg as Issaskar, Sebulon en Naftali het kos op esels, kamele, muile en beeste gebring. Groot hoeveelhede meel, vyekoeke, rosyntjies, wyn, olyfolie, beeste en skape is vir die fees gebring. Daar was groot blydskap in die land Israel.
Afrikaans 1933/1953 En selfs hulle nabestaandes tot by Issaskar en Sébulon en Náftali het brood gebring op esels en op kamele en op muile en op beeste, meelkos, vyekoeke en rosynekoeke en wyn en olie en beeste en kleinvee in menigte, want daar was blydskap in Israel.
Afrikaans 1983 Hulle verwante selfs van Issaskar, Sebulon en Naftali af het kos aangebring op donkies, kamele, muile en beeste. Daar was volop meel, vyekoeke, rosyntjiekoeke, wyn en olie, grootvee en kleinvee, want daar was groot vreugde in Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook dié wat naby hulle was, maar tot so ver as Issaskar, Sebulon en Naftali, het kos gebring op donkies, kamele, muile en beeste: eetgoed, meel, blokke saamgeperste droë vye, blokke saamgeperste rosyne, wyn, olyfolie, en beeste en kleinvee in oorvloed; want daar was vreugde in Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ander mense van die stamme Issaskar, Sebulon en Naftali was naby en hulle het ook kos gebring. Hulle het meel, vyekoeke, druiwe, wyn en olyf-olie gebring op donkies, kamele, muile en beeste. Hulle het ook baie beeste en skape en bokke gebring, want al die Israeliete was baie bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het selfs ekstra kos van so ver as die gebiede van Issaskar, Sebulon en Naftali af gekom. Ekstra vyekoeke, rosyntjiekoeke, wyn en olie, bees- en skaapvleis is op donkies, kamele, muile en beeste aangebring fees toe, want daar was groot vreugde in Israel.