1 Chronicles 12:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle was daar drie dae lank saam met Dawid en het geëet en gedrink, want hulle broers het vir hulle voorberei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het daar saam met Dawid drie dae lank feesgevier en gedrink, want hulle familielede het die voorbereidings vir hulle aankoms getref. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het daar saam met Dawid drie dae lank geëet en gedrink, want hulle broers het dit vir hulle berei. |
| Afrikaans 1983 | Drie dae lank was hulle daar by Dawid en het hulle geëet en gedrink, want hulle volksgenote het hulle onthaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle was drie dae lank daar saam met Dawid, besig om te eet en te drink, want hulle volksgenote het vir hulle voorsien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne wat gekom het, was drie dae lank daar by Dawid. Die mense van Hebron het vir hulle kos gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het drie dae lank saam met Dawid geëet en gedrink, want hulle volksgenote het die fees vir hulle voorberei. |