1 Chronicles 12:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al hierdie krygsmanne wat die rangorde kon behou, het met 'n volkome hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel; en ook al die res van Israel was eensgesind om Dawid koning te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al hierdie manne het in slagordes na Hebron gekom met die enkele doel om Dawid koning van Israel te maak. Al die ander Israeliete het saamgestem dat Dawid hulle koning moes wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met 'n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel; en ook al die orige Israeliete was een van hart om Dawid koning te maak. |
| Afrikaans 1983 | Al hierdie krygsmanne het saamgestaan en met volle oorgawe na Hebron toe gekom om Dawid koning oor die hele Israel te maak. Die hele res van Israel was dit daarmee eens dat Dawid koning gemaak moes word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle was almal krygsmanne wat gereed was om hulp te verleen met die gevegslinies. Met onverdeelde harte het hulle na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel. Ook die hele res van Israel was een van hart om Dawid koning te maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al hierdie manne het na die stad Hebron gekom. Hulle was gereed om oorlog te maak en hulle almal wou graag help om vir Dawid koning te maak oor al die Israeliete. Al die Israeliete wat nie gekom het nie, wou ook graag vir Dawid koning maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al hierdie soldate was in volle gereedheid en het na Hebron gekom met een doel voor oë: om vir Dawid koning oor Israel te maak. Trouens, die hele Israel het saamgestem dat hulle Dawid as koning wou hê. |