1 Chronicles 12:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En oorkant die Jordaan, van die Rubeniete en die Gadiete en van die halwe stam van Manasse, met allerhande oorlogsgereedskap, honderd-en-twintigduisend. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van die oostekant van die Jordaan af, waar die stamme van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse gebly het, het 120 000 soldate gekom, gewapen met elke soort wapen. |
| Afrikaans 1933/1953 | en van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, honderd en twintig duisend met allerhande wapens vir krygsdiens. |
| Afrikaans 1983 | van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam: 120 000, toegerus met alle wapens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | van oorkant die Jordaan, uit die mense van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse, met al die wapens van 'n leërmag – 120 000. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van die oostekant van die Jordaan-rivier het 120 000 manne van die Ruben-stam, die Gad-stam en die ander helfte van die Manasse-stam gekom. Hulle het al die wapens gehad wat hulle moes hê om oorlog te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van oorkant die Jordaan af was daar uit die stamme van Ruben, Gad en die halwe Manassestam 120 000 soldate, almal toegerus met hulle wapens. |