1 Chronicles 12:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van Sébulon wat uitgetrek het om te veg, bekwaam in oorlog, met alle oorlogsgereedskap, vyftig duisend wat in rangorde kon staan; hulle was nie dubbelhartig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van die stam van Sebulon was daar 50 000 ervare soldate. Hulle was gewapen en gereed vir die geveg, en heeltemal lojaal aan Dawid. |
| Afrikaans 1933/1953 | van Sébulon wat op kommando moet uittrek, toegerus vir oorlog met allerhande krygswapens, vyftig duisend aaneengesluit, en nie met 'n dubbele hart nie; |
| Afrikaans 1983 | van Sebulon: 50 000 man wat slaggereed was en met alle wapens toegerus was vir die oorlog. Sonder om twee keer te dink, het hulle saam in 'n geveg ingestorm. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | uit Sebulon, dié wat gereed was om op 'n veldtog te vertrek en met onverdeelde harte hulp te verskaf, in gevegslinies opgestel met al die oorlogswapens – 50 000; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van die Sebulon-stam het 50 000 manne gekom. Hulle was gereed om oorlog te maak, hulle het al die wapens gehad wat hulle moes hê om oorlog te maak, en hulle almal wou graag vir Dawid help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uit die stam van Sebulon: 50 000 soldate wat goed toegerus was en gereed was om oorlog te maak. Hulle was volkome lojaal aan Dawid. |