1 Chronicles 12:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En van die kinders van Issaskar, wat manne was wat verstand gehad het van die tye, om te weet wat Israel behoort te doen; hulle hoofde was twee honderd; en al hulle broers was op hulle bevel.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die stam van Issaskar was daar 200 leiers met hulle families. Hierdie manne het die tye verstaan en geweet wat vir Israel die beste pad is.
Afrikaans 1933/1953 en van die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was twee honderd, en al hulle broers onder hulle bevel;
Afrikaans 1983 van die Issaskarstam, die mense wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te doen staan: 200 van hulle hoofmanne en al hulle stamgenote onder hulle bevel;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) uit die nageslag van Issaskar, kenners met insig in die tye, sodat hulle weet wat Israel moet doen – hulle hoofde was 200, met al hulle stamgenote onder hulle bevel;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Van die Issaskar-stam het 200 leiers gekom. Hulle het geweet wanneer dit die regte tyd is om iets te doen, hulle het geweet wat die Israeliete moet doen. Hulle was die leiers van die manne van hulle stam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Uit die stam van Issaskar: 200 leiers met al hulle familielede onder hulle bevel. Hulle was mense wat neigings en rigtings met wysheid kon beoordeel en kon aanbeveel wat Israel moes doen.