1 Chronicles 12:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van die kinders van Benjamin, die geslag van Saul, drie duisend; want tot dusver het die grootste deel van hulle die bewaking van die huis van Saul bewaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van die stam van Benjamin, Saul se familie, was daar 3 000 soldate. Die meeste Benjaminiete het lojaal aan Saul gebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | en van die seuns van Benjamin, die broers van Saul, drie duisend: want die meeste van hulle het tot nog toe aan die huis van Saul getrou gebly; |
| Afrikaans 1983 | van die Benjaminiete, Saul se stamgenote: 3 000. Tot in dié stadium het die meeste van hulle trou gebly aan die huis van Saul. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | uit die nageslag van Benjamin, stamgenote van Saul – 3 000, en tot op daardie stadium het die meeste van hulle die verpligtinge teenoor die huis van Saul nagekom; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Benjamin-stam was familie van Saul en die meeste van hulle het aangehou om die koningshuis van Saul te help. Daar het 3 000 van hulle manne na Dawid toe gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | uit die stam van Benjamin, Saul se stamgenote: 3 000. Die meeste van hulle het tot in hierdie stadium getrou gebly aan Saul. |