1 Chronicles 12:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is die getalle van die bendes wat gereed was vir die oorlog en na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul aan hom terug te gee volgens die woord van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is die getalle gewapende soldate wat by Dawid in Hebron aangesluit het. Hulle was almal angstig dat Dawid koning word in die plek van Saul, soos die Here belowe het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dít is die getalle van die leërafdelings van die wat vir oorlog gewapen was, wat na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te bring volgens die bevel van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hier volg die getalle van die hoofmanne van die gewapende mag wat in Hebron na Dawid toe gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te dra volgens die wil van die Here: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die getalle van die manne wat ná 'n hoofdelike telling slaggereed was vir oorlog. Hulle het na Dawid in Hebron gekom om die koningskap van Saul op hom oor te dra, ooreenkomstig die bevel van die Here: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne wat in Hebron na Dawid toe gekom het om hom te help om koning te word in Saul se plek, het dit gedoen omdat die Here dit wou hê. Hulle was gereed om oorlog te maak. Hier is die getalle van die manne: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier volg die getalle van gewapende soldate wat hulle in Hebron by Dawid aangesluit het. Hulle was daar om Saul se koningskap aan Dawid oor te dra, soos die Here beveel het. |