1 Chronicles 12:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want in daardie tyd het daar dag vir dag na Dawid gekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër was soos die leër van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Dag na dag het meer manne in Hebron by Dawid aangesluit totdat hy ’n groot leër gehad het, soos ’n leër van God.
Afrikaans 1933/1953 Want dag vir dag het hulle na Dawid gekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër was soos 'n leër van God.
Afrikaans 1983 Daar het van dag tot dag mense by Dawid aangekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër geword het, 'n magtige leër.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, dag ná dag het mense na Dawid gekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër was, inderdaad 'n geweldige leër.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het elke dag manne na Dawid toe gekom om hom te help. Hy het later 'n groot leër gehad, 'n baie groot leër.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het dag vir dag mense by Dawid aangesluit om hom te help. Só het sy bende algaande tot ’n baie groot leër gegroei.