1 Chronicles 12:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Terwyl hy na Siklag gegaan het, het Adna en Josabad en Jediael en Migael en Josabad en Elihu en Siltai, owerstes oor die duisende van Manasse, vir hom oorval.
Afrikaans (NLV) 2011 Hier is ’n lys van die manne uit Manasse wat na Dawid oorgeloop het toe hy na Siklag teruggekeer het: Adnag, Josabad, Jediael, Migael, Josabad, Elihu en Silletai. Elkeen was die aanvoerder van 1 000 troepe uit die stam van Manasse.
Afrikaans 1933/1953 Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en Jósabad en Jedíael en Mígael en Jósabad en Elíhu en Sílletai, hoofde van die geslagte van Manasse.
Afrikaans 1983 Dawid is toe na Siklag toe en daar het die volgende mense uit Manasse na hom toe oorgeloop: Adnag, Josabad, Jediael, Migael, Josabad, Elihu en Silletai, leiers van afdelings in Manasse.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy na Siklag gegaan het, het mense uit Manasse na hom oorgeloop. Dit was Adnag, Josabad, Jediael, Migael, Josabad, Elihu en Silletai, hoofde oor duisende wat by Manasse hoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne van die Manasse-stam wat na Dawid toe gekom het toe hy na Siklag gegaan het, was Adnag, Josabad, Jediael, Mikael, Josabad, Elihu en Silletai. Elkeen van hulle was 'n leier van 1 000 manne in die Manasse-stam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hier is ’n lys name van die mense uit Manasse wat na Dawid toe oorgeloop het, terwyl hy na Siklag toe op pad was: Adnag, Josabad, Jediael, Migael, Josabad, Elihu en Silletai, elkeen in bevel van omtrent 1 000 soldate van Manasse.