1 Chronicles 12:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle was gewapen met boog en kon die regter- en die linkerhand gebruik om klippe te gooi en pyle uit die boog te skiet, selfs van Saul se broers van Benjamin. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle was almal vaardige boogskutters, wat ewe goed met die regter- en linkerhand slingerstene kon gooi en met pyl en boog kon skiet. Hulle was almal familie van Saul uit die stam van Benjamin. |
| Afrikaans 1933/1953 | gewapend met die boog, wat regter-- en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin: |
| Afrikaans 1983 | Hulle was bewapen met pyl en boog en kon ewe goed met die regter- as met die linkerhand slingervel gooi en boog skiet. Hulle was van Saul se stamgenote uit Benjamin. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gewapen met boë, kon hulle regs- of linkshandig gooi met 'n slingervel, of skiet met pyl en boog. Hulle was van die stamgenote van Saul uit Benjamin: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke man het 'n pyl en boog gehad en elkeen kon met die regter-hand of met die linker-hand met 'n slingervel gooi en met 'n pyl en boog skiet. Hulle was soos Saul van die Benjamin-stam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle was uitgelese boogskutters, wat ’n pyl en boog én ’n slingervel ewe vaardig met die linker- of die regterhand kon hanteer. Van Saul se stamgenote uit Benjamin: |