1 Chronicles 12:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het van Manasse vir Dawid geval toe hy saam met die Filistyne teen Saul gekom het om te veg; maar hulle het hulle nie gehelp nie; want die vorste van die Filistyne het hom op advies laat weggaan en gesê: Hy sal sy heer Saul in gevaar stel en van ons koppe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Manne uit Manasse het ook uit die Israelitiese leër na Dawid oorgeloop toe hy saam met die Filistyne teen Saul kom veg het. Soos dit gebeur het, het die Filistynse leiers geweier dat Dawid en sy manne saam met hulle gaan. Ná baie bespreking het hulle hulle teruggestuur, want hulle het gesê: “Dit sal ons lewens kos as Dawid sy lojaliteit omswaai agter Saul aan en teen ons draai.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook uit Manasse het sommige oorgeloop na Dawid toe hy saam met die Filistyne gekom het om teen Saul te veg, maar sonder om hulle te help; want met oorleg het die vorste van die Filistyne hom weggestuur en gesê: Ten koste van ons hoofde sal hy na sy heer Saul toe oorloop. |
| Afrikaans 1983 | Uit Manasse het mense na Dawid toe oorgeloop toe hy saam met die Filistyne op die veldtog teen Saul uitgetrek het. Hy het egter nie die Filistyne gehelp nie, want hulle regeerders het hom doelbewus weggestuur. Hulle het gesê: “Hy sal na sy koning Saul toe oorloop met ons koppe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Uit Manasse het mense na Dawid oorgeloop toe hy saam met die Filistyne gegaan het vir die geveg teen Saul. Hulle het die Filistyne egter nie gehelp nie, want die Filistynse regeerders het Dawid ná oorlegpleging weggestuur en gesê: “Met ons koppe sal hy oorloop na sy heer Saul.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Manne van die Manasse-stam het na Dawid toe gekom toe hy saam met die Filistyne oorlog gaan maak het teen Saul. Maar Dawid het toe nie die Filistyne gehelp nie, want die leiers van die Filistyne het daaroor gepraat en hulle het gesê: “Sy koning sal weer baie van hom hou as hy die koppe van ons manne vir die koning bring.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Dawid saam met die Filistyne teen Saul gaan veg het, het daar ’n groep soldate uit die stam van Manasse by hom aangesluit. Dit het egter nie so uitgewerk nie, want die Filistynse leiers het besluit om Dawid terug te stuur. Hulle het geredeneer: “Dis te gevaarlik. As hy na sy koning Saul toe oorloop, kan dit ons ons lewe kos.” |