1 Chronicles 12:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom die gees oor Amasai, wat die owerste van die owerstes was, en hy sê: Aan jou is ons, Dawid, en aan jou kant, seun van Isai; vrede, vrede vir jou en vrede vir jou helpers; want jou God help jou. Toe het Dawid hulle ontvang en hulle aangestel as owerstes van die bende. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Gees het toe oor Amasai gekom. Hy het later ’n leier oor die Dertig geword. Hy het gesê: “Ons is joune, Dawid! Ons is aan jou kant, seun van Isai. Mag vrede en voorspoed by jou wees, en sukses vir almal wat jou help. Want jou God is die Een wat jou help!” Dawid het hulle toe by hom laat aansluit, en hy het hulle offisiere van sy soldate gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die Gees Amásai, die hoof van die dertig, vervul, en hy het gesê: Vír u, Dawid, en mét u, seun van Isai, is ons. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die Gees vir Amasai, die leier van die dertig, in besit geneem, en hy het gesê: “Vír u, Dawid! Bý u, seun van Isai! Vrede, vrede vir u, en vrede vir hom wat by u staan, want u God help u!” Dawid het hulle toe aanvaar en hulle opgeneem onder die leiers van sy bende. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het 'n gees van Amasai, die hoof van die dertig, besit geneem, en hy het gesê: “Ons is vir u, Dawid, en saam met u, seun van Isai! Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u!” Dawid het hulle aanvaar en hulle as hoofde van die troepe aangestel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Amasai was die leier van die 30 manne. Die Gees van die Here het in Amasai gekom en hy het gesê: “Dawid, ons wil by jou wees, seun van Isai, ons wil saam met jou gaan! Ons bid dat dit goed sal gaan met jou, baie goed, ons bid dat dit goed sal gaan met elkeen wat vir jou help, want dit is jou God wat vir jou help.” Dawid het toe gesê hulle kan by hom bly, en hy het hulle die leiers gemaak van sy manne. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Amasai, ’n leier in die Dertigtal, is deur die Gees in besit geneem en hy het gesê: “Ons is vír u, Dawid! Ons is aan u kant, seun van Isai! Vrede! Vrede vir u! Vrede ook vir dié wat u help, want u God help u!” Dawid het hulle toe aanvaar en as offisiere in sy leër aangestel. |