1 Chronicles 12:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het uitgegaan hulle tegemoet en geantwoord en vir hulle gesê: As julle in vrede na my toe kom om my te help, sal my hart met julle verbind word; maar as julle kom om my aan my vyande te verraai, aangesien daar geen verkeerd is in my hande, die God van ons vaders kyk daarna en bestraf dit.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het uitgegaan om hulle te ontmoet, en vir hulle gesê: “As julle in vrede gekom het om my te help, is ons vriende. Maar as julle gekom het om my aan my vyande te verraai terwyl ek onskuldig is, mag die God van ons voorouers dit sien en tussen ons oordeel!”
Afrikaans 1933/1953 het Dawid uitgegaan hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my hande is nie--mag die God van ons vaders dit dan sien en straf!
Afrikaans 1983 het hy na hulle toe uitgekom en geroep: “As julle in vrede na my toe gekom het om my te help, is ons bondgenote en is ek bereid om julle leier te wees, maar as julle gekom het om my aan my vyande te verraai, terwyl ek geen misdaad begaan het nie, mag die God van ons voorvaders dit dan raaksien en julle straf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het Dawid uitgegaan, voor hulle gaan staan en vir hulle gesê: “As julle in vrede na my gekom het om my te help, is ek dit met julle van harte eens. Maar as julle gekom het om my aan my teenstanders te verraai, terwyl daar nie geweld aan my handpalms kleef nie, mag die God van ons voorouers dit sien en straf.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het uitgegaan na hulle toe en hy het vir hulle gesê: “As julle na my toe gekom het om my te help en as julle vrede wil hê, dan sal ek saam met julle veg. Maar as julle gekom het om te kyk waar ek is om dit vir my vyande te vertel, dan bid ek dat die God van my voorvaders dit sal sien en dat Hy julle sal straf, want ek het niks verkeerd gedoen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het hy vir hulle gesê: “As julle in vrede gekom het om my te help, sal julle in my ’n vriend hê. Maar as julle hier is om my aan my vyande te verraai terwyl ek onskuldig is, mag die God van ons voorouers dit raaksien en julle straf.”