1 Chronicles 12:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het van die kinders van Benjamin en Juda na die bergplek by Dawid aangekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Ander van Benjamin en Juda het ook na Dawid in die bergvesting gekom.
Afrikaans 1933/1953 En toe daar uit die seuns van Benjamin en Juda na die bergvesting na Dawid kom,
Afrikaans 1983 Toe daar van die Benjaminiete en Judeërs na Dawid toe gekom het in die bergskuiling,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe daar van die nageslag van Benjamin en Juda na die bergvesting, na Dawid, gekom het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van die Benjamin-stam en die Juda-stam het gekom na die veilige plek in die berge waar Dawid weggekruip het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe daar soldate uit Benjamin en Juda aangekom het om by Dawid in sy vesting aan te sluit,