1 Chronicles 12:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is hulle wat deur die Jordaan getrek het in die eerste maand toe dit al sy walle oorgeloop het; en hulle het al die valleie op die vlug geslaan, teen die ooste sowel as na die weste. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het oor die Jordaan gegaan terwyl dit aan die begin van die jaar in vloed was en het al die bewoners verjaag wat in die laagtes aan die oostelike en westelike oewers gewoon het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is hulle wat deur die Jordaan gegaan het in die eerste maand terwyl hy vol was oor al sy walle; en hulle het al die bewoners van die laagtes verjaag teen die ooste en teen die weste. |
| Afrikaans 1983 | Dit was hulle wat in die reëntyd die Jordaan oorgesteek het toe hy vol was tot oor altwee sy walle en al die laagtes oos en wes volgestoot het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was hierdie manne wat die Jordaan oorgesteek het in die eerste maand, terwyl dit vol was tot oor al sy walle, en water al die valleie aan die ooste- en westekant versper het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is húlle wat deur die Jordaan-rivier gekom het in die eerste maand, toe die water van die rivier oor die walle gestroom het. Die water het al die mense in die valleie laat vlug, die mense wat langs die twee kante van die rivier gewoon het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was hulle wat die Jordaanrivier in die reëntyd, toe dit in vloed was, oorgesteek het. Hulle het toe die mense verjaag wat weerskante van die rivier gebly het. |