1 Chronicles 11:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid: Elkeen wat die Jebusiete eerste verslaan, moet owerste en owerste wees. So het Joab, die seun van Serúja, eerste opgetrek en hoof geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het vir sy soldate gesê: “Wie ook al die aanval teen die Jebusiete lei, sal hoof van my weermag wees!” Joab, die seun van Dawid se suster Seruja, het die aanval gelei. So het hy hoof van Dawid se weermag geword.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het gesê: Elkeen wat eerste die Jebusiet verslaan, sal 'n hoof en 'n owerste word. Toe het Joab, die seun van Serúja, die eerste opgeklim en 'n hoof geword.
Afrikaans 1983 Dawid het destyds gesê: “Enigeen wat die eerste 'n Jebusiet neervel, word leier en aanvoerder!” Joab seun van Seruja het toe eerste die stad ingegaan en hy het leier geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het gesê: “Wie ook al eerste 'n Jebusiet neervel, word hoof en •aanvoerder!” Joab, seun van Seruja, het eerste opgegaan, en hy het hoof geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het gesê: “Die eerste man wat 'n Jebusiet doodslaan, sal die hoof en leier word.” Joab seun van Seruja het eerste aangeval, en hy het die hoof geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het vooraf gesê: “Ek maak die een wat eerste ’n Jebusiet doodmaak, die bevelvoerder van my leërs!” Joab, wat Seruja se seun was, het die aanval gelei en só die bevelvoerder van Dawid se leërs geword.