1 Chronicles 11:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die inwoners van Jebus vir Dawid: Jy sal nie hierheen kom nie. Nietemin het Dawid die kasteel van Sion ingeneem, dit is die stad van Dawid.
Afrikaans (NLV) 2011 Die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: “Jy sal nooit hier inkom nie.” Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem. Dit is wat nou die stad van Dawid genoem word.
Afrikaans 1933/1953 En die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: Jy sal hier nie inkom nie. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem, dit is die stad van Dawid.
Afrikaans 1983 Die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: “Hier sal jy nie inkom nie.” Tog het Dawid die Sionsvesting ingeneem: dié is nou die Dawidstad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: “Jy sal nie hier inkom nie!” En tog het Dawid die Sionsvesting, dit is die Stad van Dawid, ingeneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Jebus het vir Dawid gesê: “Jy sal nie hier kan inkom nie.” Maar Dawid het die stad Sion wat sterk mure gehad het, oorwin, dit is nou die Dawidstad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het vir Dawid gesê: “Jy sal nie in Jebus inkom nie!” Maar Dawid-hulle het die bergvesting Sion ingeneem, dit is nou die Stad van Dawid.