1 Chronicles 11:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid en die hele Israel het na Jerusalem gegaan, dit is Jebus; waar die Jebusiete was, die inwoners van die land.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid en die hele Israel het opgetrek teen Jerusalem, of soos dit vroeër genoem is, Jebus. Die Jebusiete, oorspronklike bewoners van die land, het daar gewoon.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid en die hele Israel het getrek na Jerusalem, dit is Jebus; en daar was die Jebusiete die bewoners van die land.
Afrikaans 1983 Dawid en die hele Israel het toe opgetrek teen Jerusalem, dit is Jebus. Die Jebusiete, oorspronklike inwoners van die land, het toe daar gewoon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid en die hele Israel het toe na Jerusalem gegaan, dit is Jebus, waar die Jebusiete die inwoners van die gebied was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid en al die manne van Israel het na die stad Jerusalem gegaan. Jerusalem se naam was toe Jebus, die Jebusiete het daar gewoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid en al die Israeliete het toe na Jerusalem, wat toe nog Jebus genoem is, gegaan. Die Jebusiete het destyds daar rond gewoon.