1 Chronicles 11:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en Dawid het 'n verbond met hulle gesluit in Hebron voor die aangesig van die HERE; en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf, volgens die woord van die HERE deur die diens van Samuel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het voor die Here ’n ooreenkoms met die leiers van Israel gesluit. Hulle het hom as koning oor Israel gesalf, net soos die Here deur Samuel belowe het.
Afrikaans 1933/1953 So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom, en Dawid het met hulle 'n verbond gesluit in Hebron voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf volgens die woord van die HERE deur die diens van Samuel.
Afrikaans 1983 So het al die leiers van Israel by die koning in Hebron gekom. Toe het Dawid in Hebron in teenwoordigheid van die Here 'n verdrag met hulle gesluit. Daarna het hulle vir Dawid daar tot koning oor Israel gesalf. Dit was in ooreenstemming met die belofte van die Here deur Samuel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom het, het Dawid met hulle in Hebron 'n verbond gesluit voor die Here; en hulle het Dawid as koning gesalf oor Israel, ooreenkomstig die woord van die Here, by monde van Samuel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die leiers van Israel het na die koning toe gekom in Hebron, en Dawid het met hulle 'n ooreenkoms gemaak by die tempel in Hebron. Hulle het vir Dawid gesalf om koning te wees van Israel. Dit het gebeur soos die Here gesê het toe Hy vir Samuel gestuur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die leiers van Israel het toe by Dawid in Hebron bymekaargekom. Hy het daar, in die Here se teenwoordigheid, ’n ooreenkoms met hulle aangegaan. Hulle het hom toe as koning van Israel gesalf. Dit was net soos die Here deur Samuel gesê het dit sou wees.