1 Chronicles 11:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, hy was eervol onder die dertig, maar het nie by die eerste drie uitgekom nie, en Dawid het hom oor sy lyfwag aangestel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy was meer geëerd as die ander lede van die Dertig, maar hy was nie een van die Drie nie. Dawid het hom aanvoerder van sy lyfwag gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy was wel meer geëerd as die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag. |
| Afrikaans 1983 | Hy het 'n hoër rang gehad as die res van die dertig, maar een van die driemanskap het hy nie geword nie. Dawid het hom oor sy lyfwag aangestel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy was ongetwyfeld meer geëerd as die dertig, maar hy was nie die gelyke van die drie nie. Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy was die belangrikste van die 30 manne, maar hy het nie een van die eerste drie manne geword nie. Dawid het hom gekies en aangestel om die hoof te wees van die manne wat die koning moes oppas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy is hoër geag as die res van die Dertigtal, maar was nie een van die Drietal nie. Dawid het hom in bevel van sy lyfwag geplaas. |