1 Chronicles 11:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit het Benaja, die seun van Jójada, gedoen, en hy het die naam onder die drie magtiges gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is een van die heldedade wat Benaja so bekend soos die Drie gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde. |
| Afrikaans 1983 | Dit het Benaja seun van Jojada gedoen. So het hy vir hom onder die drie helde naam gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was sulke dade wat Benaja, seun van Jojada, gedoen het, en hy het naam gemaak onder die drie helde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is wat Benaja seun van Jojada gedoen het. Die 30 spesiale manne het toe gedink Benaja is baie belangrik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dít is die tipe dinge wat Benaja gedoen het en waarmee hy so beroemd soos die Drietal geword het. |