1 Chronicles 11:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het 'n Egiptenaar gedood, 'n man van groot gestalte, vyf el hoog; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies soos 'n wewersbalk; en hy het na hom afgegaan met 'n staf en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies gedood.
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n ander keer het hy ’n Egiptiese soldaat wat amper twee en ’n half meter lank was en wie se spies so dik soos ’n wewersbalk was, met net ’n stok doodgemaak. Benaja het die spies uit sy hand geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.
Afrikaans 1933/1953 Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n groot man, vyf el; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies soos 'n wewersbalk; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.
Afrikaans 1983 Hy het ook 'n Egiptenaar wat twee en 'n kwart meter lank was, doodgemaak. Die Egiptenaar het nogal 'n spies in sy hand gehad, so dik soos die dwarsbalk van 'n weefstoel, terwyl Benaja hom net met 'n stok gepak het. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie spies van kant gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is ook hy wat 'n Egiptenaar, 'n man wat vyf el lank was, verslaan het. Die Egiptenaar het 'n vegspies soos die dwarsbalk van 'n weefraam in sy hand gehad. Benaja het met 'n stok na hom afgegaan. Hy het die vegspies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie vegspies doodgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is ook hý wat die Egiptenaar oorwin het. Die Egiptenaar was 'n groot man, hy was vyf el lank, en hy het 'n spies in sy hand gehad. Die spies was so groot soos die balk van 'n weefstoel. Maar Benaja het net 'n stok saamgeneem toe hy afgegaan het. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand gevat en hy het die Egiptenaar met sy eie spies doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n ander keer het hy ’n Egiptenaar doodgemaak wat twee en ’n kwart meter lank was. Die Egiptenaar se spies was so dik soos die dwarsbalk van ’n weefstoel. Benaja het net ’n stok by hom gehad, maar hy het die Egiptenaar se spies uit sy hand geruk en hom met sy eie spies doodgemaak.