1 Chronicles 11:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Benaja, die seun van Jójada, die seun van 'n dapper man van Kabseël, wat baie dade gedoen het; hy het twee leeumanne van Moab gedood; ook het hy afgegaan en 'n leeu in 'n kuil doodgemaak op 'n sneeudag.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan was daar ook Benaja, seun van Jojada, ’n dapper soldaat uit Kabseël. Hy het baie heldhaftige dinge gedoen. So het hy twee van Moab se grootste helde doodgemaak. ’n Ander keer het hy ’n leeu in ’n gat afgejaag. Ten spyte daarvan dat daar sneeu geval het, het hy die leeu gevang en doodgeslaan.
Afrikaans 1933/1953 Benája, die seun van Jójada, 'n dapper man, groot van daad, uit Kábseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag.
Afrikaans 1983 Benaja seun van Jojada was die seun van 'n krygsman. Hy was 'n man van baie dade, afkomstig uit Kabseël. Dit is hy wat die twee sterk manne van Moab doodgemaak het, en hy wat op 'n sneeudag in 'n put afgeklim en die leeu wat daarin was, doodgemaak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Benaja, seun van Jojada, was 'n onverskrokke man uit Kabseël wat groot dade gedoen het. Hy is die een wat die twee manne van Moab, manne met leeuemoed, verslaan het. Dit is hy wat op 'n dag toe dit gesneeu het, binne-in 'n opgaarput afgegaan en 'n leeu neergevel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Benaja seun van Jojada van die stad Kabseël was 'n dapper man wat groot dinge gedoen het. Dit is hý wat daardie twee baie sterk manne van Moab oorwin het. En eendag toe dit gesneeu het, het hy afgegaan in 'n gat en hy het 'n leeu doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Benaja, Jojada se seun, het van Kabseël af gekom. Hy was dapper en ’n man van die daad. Hy het eenkeer twee van Moab se dapperste vegters doodgemaak. ’n Ander keer het hy op ’n dag wat dit gesneeu het, in ’n put afgeklim en die leeu doodgemaak wat daarin was.